Potter Plantjie

Potter plantjie
groei jou rankie 
lekker teen die ruit.

Potter plantjie
sê nee dankie
en hou aan wys besluit.

Die swyn en teef
sal jou (dalk) vreet
as jy Ons broodjies deel.

Die swyn en teef
kan geloof verskeur
en jou heil verrinneweer.

So,

Potter plantjie
vat jou mandjie
en deel met wie My wil begeer.

~ Mattheus 7:6 ~

Share