Is jy intensioneel
oor jou handelinge,
jou wandelinge,
en jou woorde?
Of kruip jy iewers
binne jouself weg?
Waar jou aksies
soos klein plankies
jou – en dalk dié om jou –
omring en bederf.
Staan op uit die kis
waarin jou bene rus –
laat die Here tog toe
om jou voetstappe
te rig.