Wie is Jy

Jou ware identiteit, dit is die asemrowende skepsel wat al jou houtjies kreun om na toe bewerk te word, word onthul deur Jesus Christus.

Terwyl my brein bietjie vir ‘n draffie deur ‘n woud gegaan het, het dit die gedagte “klippe” raak getrap. Daarna, soos die gees gedrewe paadjie gekronkel het, het ek deur die skrif gestrompel waar Petrus (wat rots beteken) sy ware identiteit gegee word deur Jesus. Jesus het later volle asem in hierdie eenvoudige naam (en misterieuse identiteit) geblaas:

“Ek verklaar nou vir jou: ‘Jy is Petrus. Op hierdie rots sal Ek my kerk oprig, en al die magte van die doderyk sal dit nie oorwin nie.

Maar die koekie rondom identiteit hou nie net hier op met krummel nie! Verdere huppel in die woud het toe ‘n glasie melk vir my koekieronde kieste geskink: ons elkeen word ingeseën en opgerig in ons identiteit wanneer ons in kontak met Jesus Christus kom!

Daar word beskryf in die skrif dat gelowiges Jesus se liggaam uitmaak, en dat Jesus die “kop”, of “hoof” van die liggaam is. So… ons is deel van Christus, want ons is Sy liggaam!

Daar is geen twyfel dat Jesus direk vir iemand in verhouding met Hom kan seën en bekend maak wat daardie een se identiteit is nie. Maar as ons as die liggaam ons Hoof reg opgeskroef het, sal dit gebeur dat Hy identiteite oproep en bekend maak deur ons.

Mag ons met nuwe (of dieselfde, afhangende van hoe oulik jy is) oë kyk na elkeen wat oor ons pad kom en bewus wees dat Jesus aan ons toutjies kan trek sodat ons mekaar en die res van Sy liggaam in gehoorsaamheid kan seën deur identiteite te herken. Dit is tog lekker om vrugte aan mekaar te hang wat lewe bring ? en nie die vrugte van die wet wat net dood bring nie?

Hier is die vers:

Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind — dit is, as dit vertaal word, die Christus. En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Céfas, wat vertaal word Petrus.

Share