Creative Writing

Twee Korinthiërs Drie

Hoe kragtig, Heer,
U teenwoordigheid!

Met ons oë gevestig op U
val die sluiers
van ons harte af,

en word ons van glorie tot glorie verander –
net soos wanneer ons U
in mekaar
met onbedekte oë sien.

Skyn U wonderbaarlike lig uit U tempels,
maak elk van ons ‘n aangename geur
– van Christus – tot eer van U
onder die wat gered word
en onder die wat verlore gaan.

Share

Geraamtes

Geraamtes in die tuiste –
krullende blaaie verf,
gedroogde riempies,
en verlate nessies.

Die skerp splinters
steek oral deur.
Die kreunende balke –
nog meer.

Skielik woed iets binne –
dalk mens,
dalk wyn,
dalk pyn?

Of is dit dalk
U Ooste wind –
U asem wat lewe
met droë beendere bind?

Share

Soms

soos twee bruin bokkies deur die koperkleurige wingerd
vlugtig
is die Gees se fluisterstem
soms

soos ‘n spierwit vlinder op ‘n skarlakenrooi roos
sagkens
is Jesus se uitnodiging
soms

soos groot grys olifante se spore in die sagte bruin klei
diep
is die Vader se berading
soms

soos die oneindige massas molekules in die eindelose heelal
onuitputbaar
is Here se liefde en genade
altyd

Share

Goeie Ou Stilte

Goeie ou stilte,
waarin die gons
van iets dieper
suutjies weg krul.

Goeie ou stilte,
waarin die gaos uit
en die diepte in
geasem kan word.

Goeie ou stilte,
waarin my oë
die moë mens
in ‘n spieël gewaar.

Goeie ou stilte,
waar my diepte kan roep
na die diepte van bo
en die Ware Lewe vind.

Share

In Ons Midde

Waar is U in hierdie situasie?

Die een waar ons gewrigte en bene droog en uitgeteer voel, en kraak en knak van die daaglikse verstek.
Waar die seesand ons verrimpelde voete weg kerf en die water stewige lae sout oor ons spoel.
Waar ons oë soos ou kole smeul in die knersende koue van winter, wat ook ons vleis hard en koud giet.
Waar ons onsself eindeloos probeer ontdooi met bekers stomende koffie, maar dit ons net al meer bedwelmd laat voel.
Waar ander mense agter skerms weg flikker en dit voel of daar geen strome van U lewende waters deur ons vloei.

U is in dit. Met U fluisterstem – naby genoeg dat ons U kan hoor as ons maar net ‘n oomblik vat om tussen ons knorre, gromme en verstrengelde gewoontes te kan luister.

Share

Fill the Earth and Subdue It

God tasked Adam and Eve
to fill the earth and subdue it,

because

rivers and waterfalls,
like flowers and thistles
flow and grow
wherever they go.

Habits and actions
like mindsets and emotions
tumble and crumble
Whenever they stumble,

so

break possible passivity
by channelling, cultivating,
fixing, predetermining,
sowing and reaping.

Because

God tasked Adam and Eve
to fill the earth and subdue it.

Share

Intensioneel

Is jy intensioneel
oor jou handelinge, 
jou wandelinge,
en jou woorde? 

Of kruip jy iewers
binne jouself weg? 
Waar jou aksies
soos klein plankies
jou – en dalk dié om jou – 
omring en bederf.

Staan op uit die kis
waarin jou bene rus –
laat die Here tog toe
om jou voetstappe
te rig.

Share

Rus

rus vir die bedorwe bene
waaruit die murg daagliks droog
rus vir die ou sagte stene
waarmee bouers aanhou sloof

rus vir die knakkende knieë 
wat heeldag pynlik knaag
rus vir die gestremde sleë
wat eindeloos sal bly skaaf

rus vir die soekende saailand
wat jaar na jaar bly warrel
rus vir die hulpelose hand
wat rusteloos skommel en skarrel

rus vir die gestreepte sterre
wat heelnag brandend gly
rus vir die skellende skêre
wat stomptand aanhou sny

rus vir dié met veelvoudige vrees
verby wie U stem bly vloei
rus vir dié met vyandige vlees
wat alewig teen dit stoei

O Vader! 

ek bid U rus vir elk in dié gehoor
sodat ons saam U kan beweeg
ek bid dat ons U fluisterstem sal hoor
en vandag weer ‘n keer sal leef

Share

In His Footsteps

For long enough
I’ve let my flesh
lead me astray

For long enough
I’ve let my comfort
keep me at bay

There are plenty
sons and daughters
who do not sleep
who do not eat

Yes there are plenty
widows and orphans
who need you and me
and the love we bring

So ask Him
for greater vision
for daily bread

Yes ask Him
to make practical 
to make it magical

Offer lavishly your praise
enjoy His presence
His fount of love

Dance foolishly before him
where his joy sustains you
His grace brings you rest

And seek Him
in all things
let Him be found

And seek Him
He will reveal Himself
oh make a joyful sound

So follow in His footsteps
where there is light
and He brings you peace.

Share

Binnewaak / Inward Gaze

Binnewaak

suutjies wriemel kleine baba
se naeltjies teen haar buik, 
        terwyl haar oë weg gluur
        na die alledaagse stryd.
sy ogies traan onwetend, 
sy neus se snorkies kruip –
        maar haar ore stomp hul af;
        hordes ander kwale fluit.
“vergeet my nie, o skepper! 
dit is my hart se pleit.”
        haar kop kap klippe;
        sy probeer die dood ontwyk. 
“ek’s saam met jou vir ewig,
in jou hart gaan ek bly sluip.”
       begin tog vinnig binne waak
       en sien lewe daarso wyk!
    Ek wens ek kon nog meer sê,
    maar jy moet dit self begryp;
    ons het een voet binne tyd,
    en ‘n ander in die ewigheid.

Inward Gaze

the tiny baby softly fondles
his nails against her belly,
        while her eyes stare away
        towards the everyday struggle.
his eyes tear unbeknownst,
his snores are cutesy-crawly –
        but her ears keep themselves blunt;
        hordes of other ailments whistle.
“don’t forget me, oh creator!
this is my heart’s plea.”
        her head is crushing stones;
        death’s what she’s trying to evade.
“I am with you forever,
in your heart I’ll always be.”
        please quickly shift your gaze inward       
        and find life living there!
    I wish I could say more,
    but you yourself will have to perceive;
    we have one foot within time,
    and another in eternity.

Share