Goeie ou stilte,
waarin die gons
van iets dieper
suutjies weg krul.
Goeie ou stilte,
waarin die gaos uit
en die diepte in
geasem kan word.
Goeie ou stilte,
waarin my oë
die moë mens
in ‘n spieël gewaar.
Goeie ou stilte,
waar my diepte kan roep
na die diepte van bo
en die Ware Lewe vind.