Jy meet my op
met jou liniaal
van reg en verkeerd
en word ek
opgesom om
die een te wees
wat myself af skei
blind beweeg soos
‘n muis in ‘n tonnel
van onoorspronklikheid
kom die dood
want jy word versmoor
en die vleeslike
neem dalk oor
want om myself
uit te vee
deur myself
te gee
gee vir jou niks
om meer te leef
beteken ek moet
leer om myself
te wees en
om te kan
triomfeer maar
rigting kom nie
uit mens self uit
kan min oorwin
want dis uit krag
wat mens nie het nie
kan jy kry as jy Hom maar net vra.