Jou Begeerte

My honger
besef ek nou
is na jou

begeerte

en hoe meer
Ek jou gesoek het
hoe meer
het Ek
myself verloor
eintlik vermoor

jou dalk versmoor

want jy kon
nog nie
oopmaak
en my toelaat
om jou wêreld
te word nie.

En ek het
met my rou hart
vir jou ‘n hawe
probeer skep
maar jou skeep
het sover net
in die oseaan
bly lê.

Share