Berge en Watervalle

Bruisend, wit, worstel, warrel en weef die blitsige strome deur en oor die swart stene wat tydsvas anker op die majisteuse watervalspunt.

Die water val van ver af manjifiek soos ‘n bruid se sleep, sag en fyn geweef, so of gravitasie van sy werk vergeet. Maar tog neuk dit hard neer, soos tuimelende hammers, op brawe rots en plant, wat bo alle verstand hul man kan staan en nie weg spoel soos meeste sand.

Die mens is interessant deurdat hierdie reuse beeld so vloedend sy aardse verstand so deurmekaar kan kam. Soveel krag sprong eintlik vanuit die onsienlike hartkamers van die berge, wat die hemelse reënbuie deurlopend met miljoene klein druppels vol tap.

Daar is eintlik só baie krag daarin om perspektief te skuif, soos Paulus ons uitermatig eenvoudig wys. Want “ons wat God in die Gees dien” leef allereers binne die berg, die aardsdraad van die supremawerklikheid, sodat die onsigbare vloede wat in die onsienlike ewigheid borrel die realiteit in kan stroom, in al die kleinste en sagste vorme, en dit hierdie ongetemde wêreld deur die voortvloeiende watervalle bonatuurlik, en kragtig, weer terug na Eden toe kan sluip.

So, kortom, ek preek vir myself, soos my mieliepit dit maar verstaan, leef eerstens vanuit en in die geestesrealiteit, sodat jou vertrekpunt nie die punt van die waterval is nie. Want op die beste sal ‘n piepiestraaltjie al wees wat jy deur jou eie twee modderhande kan bereik.

Share