Brood en Vuur

Soos ‘n rots,
staan jy
met jou brood
in die een hand
en jou vuur
in die ander.

Die ewige gekners
van stomp tande
kom tot ‘n einde
wanneer jy jou
eie swaard
laat val
en Myne opneem.

Vergeet. 
Vergeet van die ou dinge
want dit trek jou oë
van my spore af.

Onthou. 
Onthou wie jy was
voor tyd
jou kom skommel het.

My swaard brand
met ‘n wit vuur
en dit sny
deur jou rotse
om murg en been
te skei.
So staan vas
In My
terwyl ek
wat oud is
sloop
en wat heilig is
na vore bring.

Leer My ken
vir wie Ek is
en nie vir die beeld
wat jy van My
gemaak het nie.

Share