Hartsdood

Waarom blyk haar tronk-gedompelde hart,
Onder die staat se standaard part;
‘n bloedbevlekte, brakbruin uniform,
so vrek naby aan die dood se dodenorm?

Het die lewe dalk ‘n skelm skoot geplant,
Of ‘n beenkrakende panzer-slag laat land,
Sodat die briesend-vriesende lug,
‘n gaping kon vind en in haar hart in vlug?

Of het die partydige – dalk vyandige – blik-koppe
Met hul hoƫ definisie fosfor gloeilampe
En knor van duisende krullende induktors
Haar neuronbane laat verander in gekruide wors?

Is dit dalk soos met ‘n klein pienk pasgeborene?
Verlang sy na die eenvoudigste vorme van menseverhoudinge;
Fisiese kontak, en die basuin van haar hart-sirene?
Sodat wie okal naby is haar net kan hoor en sus tot vrede.

Ek vermoed haar hart, soos myne vandag,
Benodig die eenvoudige wedersydse fluister se krag,
Tussen ons en ons Skepper, ons eerste Liefde,
Want daarsonder bly die diepste dele van ons harte klaarblyklik… Dood.

Share