om te los
te skei
om te pos
te sny
die grond
van gras
die hond
van blaf
maak dit vry
om te isoleer?
maak dit bly
om te ignoreer?
is God liefde
in my en jou?
is Sy briewe
in ons toegevou?
moet nie versmoor
hoe sal hul Hom sien?
moet nie stoor
hoe sal Hy hul bedien?
God het ‘n agenda met
jy daar en jy daar
God smag eenheid tussen
jy daar en jy daar.
kyk verby die balke
na die lig binne
kyk vanaf die hemele
na Sy groter prente.
…asseblief ❤