Die pennesteek van koue kennis,
prikkel die ballonne van hoop,
geloof en liefde. Dit beroof dit,
wat die harte aan mekaar wil knoop.
Vader skil daardie harde groen
doppe, sodat die kners van harde streep
koppe, sal vervang word met die deel
van soetsmaaklike vleespienk harte.
En die katjieklein pitte,
in sagte grond sal val,
om die Boom van die Lewe,
met sy genesende blare,
aan te vrug te stel.