Onpenbare Gedig

Met ‘n amper onhoorbare
gekners van flukse vlamme
sny die Skepper se latente lig
die stowwe diep binne drie berge.

Fluitend week en wasem,
die kole in die binnegrond balsem,
soos dit die rook uitdruklik uitasem,
en Sy karakter intiem inasem.

Dit is agter die woes en waansin,
waar Sy hande beitelend begin,
om Sy goue woorde in hul te ontgin –
elk ‘n ander gedig om te begryp en besin!

Maar Sý gedig is byna onpenbaar – valk-vlink!
Dit spring reg verby die bietjie dof en baie blink,
vinnger as wat enige oë se waterige idee-ink
die volle aktua’ daarvan identiek kan laat insink.

Gelukkig in vandag se tik en tyd,
sal die berge se (an)atomiese klokke ontploffend ontsluit,
en deur die warboel waarskynlikheid
dele van Hom onthul – en Sy gedigte bruid!

Daar is nou vier wat in die bergvuur-waarheid wandel,
geeneen kreun, of dra ‘n langgerekte letsel,
en die voorkoms van die vierde skyn warempel
‘n godeglans van die bonatuurlike Skepsel.

Die Skepsel skryf met Sy vlam-vinger op die harte se sand,
“Julle is duidelike briewe van Christus in die land,
geskrywe nie met ink nie, maar deur my ‘hand’;
die Gees van die lewendige God wat in jul brand.”

Hy het die sterk Suid-ooster en die ou bakoond beveel,
om die as van vervalle kliptafels vaarwel te vee,
en die vlammende vleestafels ‘n galery gee,
sodat Sy briewe kan betoon word aan elke sout see.

Ja die see kyk dalk ‘n berg se rollende kaalvoet klip,
sy balanserende bome en sy lopende lip
heeltemal mis, maar kan nie die kabbelende kus,
en wat in die sand se hart geskryf is met enige marge mis.

Share