Op Perdehoef Stofpad

Op perdehoef stofpad in die kontrei,
‘n kronkelpad, ‘n klippepad,
Is die Vader van Nou,
besig om handpalms oop, arms uit te sprei.

“O Langelier, Bokkie, warrellose wind,
gekniel in die midde van vlegsels
en stringe vetgevoerde druif,
laat My tog jou gees ontwaak!

O Langelier, Bokkie, pryslose munt,
Een uit My boesem van belofte,
kom tog in hierdie somerseisoen
jou aankoms maak!

O Langelier, Bokkie, My hart se punt,
kom proe saam die vetgeswelde druif,
die trosse purperrooi en heuningsoet.
Kom ons kraak tog oop jou hemelse granaat!

O Langelier, Bokkie, heilige kind,
kom huppel in die kokers salwing,
sodat ons dit in die gronde kan pers,
en die genesing in die aarde in kan dans tot laat!”

Kom trippel saam deur die stofwolke van perdehoefvlei,
Sodat ons kan verdwaal en giggel en sing en lag,
sodat ons, stofvuil en olienat, in eenheid kan rus,
op die Heilige heuwel, of waarheen okal Hy ons lei.

Share