Suutjies Bid

Handjies toegevou
Sit sustertjie
Toe oog
In die koor.

Suutjies bid sy
Sodat haar pappa
Haar sagte stemmetjie
Sal kan hoor

– Want die dreun
Van albasterstem Le Roux
Het al telbare kere
Haar stem versmoor.

“Jirre asseblief
Ek smeek U
Al heel aand
Oor en oor!”

En toe sy
Haar asempie snik
Toe’s die lied verby
En klap die gehoor.

Share