Afrikaans

Die Tydlose Druppel van Hoop

In die begin is selfs die snik van die muur se klok onhoorbaar sag so
tussen deur die gedreun van die murmurerende maan
en al die sterre wat so vassteek in die wol van winterwolke.

In die begin gee my ore hulle lawwe probeerslae om enigeiets te help hoor
maar die swiep van rowende roetines
verdoof en bind my sinne vas met klomp klein tengerige toutjies.

So bietjie later breek die gloeilamp met sy gretige gons
die stilte soos my vingers soekend soos remmerige ratte
die hipotetiese stof op die knoppe van ‘n verhulde sleutelbord slaat.

So bietjie later hoor ek hoe die tydlose druppel van hoop homself plat plak
teen die droë bodem van die emmer wat ek al vir koninklike kere
gebruik om die afvallighede van my woning te was.

Maar nou lê ek net met die bede dat ek môre meer soos vannag vandag
kan stap met ‘n emmer wat omtrent oorloop
sodat ek die onsaligheid van my siel met ‘n messelaarshand kan weg was.

Share

Wie is Jy

Jou ware identiteit, dit is die asemrowende skepsel wat al jou houtjies kreun om na toe bewerk te word, word onthul deur Jesus Christus.

Terwyl my brein bietjie vir ‘n draffie deur ‘n woud gegaan het, het dit die gedagte “klippe” raak getrap. Daarna, soos die gees gedrewe paadjie gekronkel het, het ek deur die skrif gestrompel waar Petrus (wat rots beteken) sy ware identiteit gegee word deur Jesus. Jesus het later volle asem in hierdie eenvoudige naam (en misterieuse identiteit) geblaas:

“Ek verklaar nou vir jou: ‘Jy is Petrus. Op hierdie rots sal Ek my kerk oprig, en al die magte van die doderyk sal dit nie oorwin nie.

Maar die koekie rondom identiteit hou nie net hier op met krummel nie! Verdere huppel in die woud het toe ‘n glasie melk vir my koekieronde kieste geskink: ons elkeen word ingeseën en opgerig in ons identiteit wanneer ons in kontak met Jesus Christus kom!

Daar word beskryf in die skrif dat gelowiges Jesus se liggaam uitmaak, en dat Jesus die “kop”, of “hoof” van die liggaam is. So… ons is deel van Christus, want ons is Sy liggaam!

Daar is geen twyfel dat Jesus direk vir iemand in verhouding met Hom kan seën en bekend maak wat daardie een se identiteit is nie. Maar as ons as die liggaam ons Hoof reg opgeskroef het, sal dit gebeur dat Hy identiteite oproep en bekend maak deur ons.

Mag ons met nuwe (of dieselfde, afhangende van hoe oulik jy is) oë kyk na elkeen wat oor ons pad kom en bewus wees dat Jesus aan ons toutjies kan trek sodat ons mekaar en die res van Sy liggaam in gehoorsaamheid kan seën deur identiteite te herken. Dit is tog lekker om vrugte aan mekaar te hang wat lewe bring ? en nie die vrugte van die wet wat net dood bring nie?

Hier is die vers:

Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind — dit is, as dit vertaal word, die Christus. En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Céfas, wat vertaal word Petrus.

Share

Galmende Gebare

Kraglose woorde soos galmende simbale,
klok ons eie wil vir ieder se kwale.

Hak tog net die Vaderhand ritme!
En wyk tog net met dié aneurisme!

Los die handeknoei van niet en niks,
let ons seisoene – bruik dié Flits.

Bid geïnspireerde note, kerns van krag.
En stuur die gevat met Sy bekwame mag.

Daagliks hoop, daagliks sterwe,
Dis vandag dat ons Sy koninkryk mag beërwe,

Sy reën giet altyd, en sink in ons grond,
Maar mag dit wat groei nie wees wat wond.

Die berge en heuwels druk geregtigheid seer,
Sodat al die dor bome kan verbrand en verskeur.

Sien altyd eerste hin balk hin eie oog,
Want jou broeder spieël… net jou eie voog.

Share

Op Perdehoef Stofpad

Op perdehoef stofpad in die kontrei,
‘n kronkelpad, ‘n klippepad,
Is die Vader van Nou,
besig om handpalms oop, arms uit te sprei.

“O Langelier, Bokkie, warrellose wind,
gekniel in die midde van vlegsels
en stringe vetgevoerde druif,
laat My tog jou gees ontwaak!

O Langelier, Bokkie, pryslose munt,
Een uit My boesem van belofte,
kom tog in hierdie somerseisoen
jou aankoms maak!

O Langelier, Bokkie, My hart se punt,
kom proe saam die vetgeswelde druif,
die trosse purperrooi en heuningsoet.
Kom ons kraak tog oop jou hemelse granaat!

O Langelier, Bokkie, heilige kind,
kom huppel in die kokers salwing,
sodat ons dit in die gronde kan pers,
en die genesing in die aarde in kan dans tot laat!”

Kom trippel saam deur die stofwolke van perdehoefvlei,
Sodat ons kan verdwaal en giggel en sing en lag,
sodat ons, stofvuil en olienat, in eenheid kan rus,
op die Heilige heuwel, of waarheen okal Hy ons lei.

Share